)

Menlopark se nuwe atletiekbaan – Hoërskool Nelspruit

Menlopark se nuwe atletiekbaan. Nellies se atlete het behoorlik baljaar op Hoërskool Menlopark se nuwe atletiekbaan.

Die afgelope naweek se atletiekfokus was nou wel merendeels op Pretoria se Pilditch-stadion gerig waar die prestigeryke Curro Podium Finaal plaasgevind het. Vrydag, 7 Februarie, se massa-byeenkoms by Hoërskool Menlopark, het alle verwagtinge oortref. Die skole het hul top-atlete ‘n ruskans gegee sodat hulle Saterdag op hul beste kon wees. Dit het nie afbreuk aan die mooi prestasies gedoen nie. Die ander atlete van Menlopark, Rustenburg, Klerksdorp, Curro Hazeldean en NHS, het mekaar deeglik opgekeil. Dit het tot ‘n klompie baie goeie uitslae gelei het.

NHS se beste prestasie onder die seuns, was Robroy McGregor se puik 15,33m (837). Hy was daarmee eerste in gewigstoot, s.17 was. By die meisies, was dit veral verblydend om te sien hoe die jong Zoë J. van Vuuren (m.14) verbeter het. Haar 800m-tyd van 2:25.63 (832) is werklik prysenswaardig. Ewe indrukwekkend was die vertonings van Rebekkah Braack, (m.19), Wilma Scholtz (m.17) en Ingemari Odendaal (m.17) in die 3000m. Ongelukkig het daar ‘n flater rakende die tydmeganisme ingesluip, en is die 3000m se tye nie korrek nie.

Om by so ‘n groot byeenkoms in die stad, onder die eerste drie in jou item te eindig, wil gedoen wees! Baie geluk aan die NHS-atlete wat podiumplekke verower het.

Eerste plekke: Seuns

Robroy McGregor (s.16): gewigstoot – 15,33m (837)
Bernard Calitz (s.14): verspring – 5,65m
Charl van Dort (s.15): hoogspring – 1,65m
Samuel Tryhou (s.17): 800m – 2:03.19; ook 1500m – 4:34.88
Rhandzu Mkhabela (s.16): 400m hekkies – 56.92
Vian Louw (s.17): gewigstoot – 14,47m (795)

Eerste plekke: Meisies
Levandi Hough (m.17): verspring – 5,18m
Annie Bester (m.14): 400m – 64.01 (792)
Rebekkah Braack (m.19): 3000m
Leney Maree (m.15): 1500m – 5:05.87
Leney Maree (m.14): verspring – 4,47m

Tweede plekke: Seuns

Bernard Calitz (s.14): hoogspring – 1,70m
Lian Antunes (s.17): 100m – 11.40; ook 200m – 22.57
Naudé Breytenbach (s.15): 400m – 54.17
Divan Spruyt (s.16): 400m – 54.36
Joshua Neytell-Dewilde (s.17): 800m – 2:04.91
Wihan Lambrechts (s.19): 400m hekkies – 58.53 (798)

Tweede plekke: Meisies
Isabel Prinsloo (m.17): 100m hekkies – 16.42; ook 400m hekkies – 70.72 (796)
Lourica vd Merwe (m.19): spiesgooi – 34,46m
Lin-Mari Kemp (m.15): 100m – 13.57 (777)
Liemoni Joubert (m.19): driesprong – 9,90m
Rebekkah Braack (m.19): 1500m – 5:45.90
Wilma Scholtz (m.17): 1500m – 5:15.50
Menique van Zyl (m.17): 400m – 65.63 (756)
Layla Wienand (m.16): 100m hekkies – 16.93; ook 400m hekkies – 70.80 (801)
Elizabeth du Toit (m.14): verspring – 4,33m

Derde plekke: Seuns
Rhandzu Mkhabela (s.16): 110m hekkies – 15.35 (779)
Pieter-Hendrik Henning (s.15): 100m hekkies – 14.99
Owen Ngwenya (s.17): 110m hekkies – 15.71
Divan Spruyt (s.16): 800m – 2:09.98
Matthias Odendaal (s.15): 800m – 2:14.72
Joshua Fincham (s.19): 800m – 1:59.23; ook 1500m – 4:36.75
Rian Botha (s.17): spiesgooi – 53,83m
Ihvan Pretorius (s.14): 800m – 2:12.70
Joshua Neytzell-Dewilde (s.17): 3000m – 12:07.33
Pieter Prinsloo (s.14): 300m hekkies – 45.05
Charl van Dort (s.15): verspring – 5,70m
Joshua J.van Vuuren (s.17): gewigstoot – 14,19m (783)

Derde plekke: Meisies

Zoë J. van Vuuren (m.14): 800m – 2:25.63 (832); ook 1500m – 5:22.98
Riëtte Botha (m.15): 100m – 13.58 (776)
Mia Jacobs (m.16): skyfwerp – 27,59m (765)
Liemoni Joubert (m.19): gewigstoot – 9,56m (779)
Isabel Prinsloo (m.17): verspring – 4,67m
Ané Bouwer (m.16): hoogspring – 1,45m
Kaycee Fincham (m.17): 800m – 2:26.32 (808); ook 1500m – 5:20.10
Shani Lombard m.14): 400m – 67.38
Elandri Kemp (m.14): 100m – 13.39 (802)
Larissa Landman (m.19): 200m – 27.41 (779)
Aldorette vd Mescht (m.15): 400m – 64.58 (785)
Quinet Swart (m.16): 100m hekkies -17.34; ook 400m hekkies – 71.29 (795)
Minke Badenhorst (m.15): hoogspring – 1,40m

Hoërskool Nelspruit is eweneens trots op nog talle ander NHS-vertonings wat elk 770 punte of meer, werd was:
Annie Bester (m.14): 800m – 2:26.90 (822)
Lin-Mari Kemp (m.15): 200m – 27.55 (807); ook 400m – 65.62 (770)
Menique van Zyl (m.17): 800m – 2;28.91 (788)
Elizabeth du Toit (m.14): 90m hekkies – 15.71 (774)
Liemoni Joubert (m.19): 200m – 27.62 (774)
Tené Pienaar (m.14): 800m – 2:32.95 (776)
Natasha Goenewald (m.16): 200m – 27.93 (784)
Inneke van Heerden (m.14); skyfwerp – 26,57m (773)
Kamea Fincham (m.14): 800m – 2:30.75 (792)
Minke Badenhorst (m.15): 100m – 13.65 (770); ook 400m – 65.00 (779)

Artikel: Mnr. Kobus de Wet

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/

https://nelliesh.co.za/

Foto’s: Simoné Lourens

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal