)

Hoofdogter vir 2025 – Hoërskool Robertson

Hoofdogter vir 2025. Soos die afgelope aantal jare, het Schools That Rock onderhoude gepubliseer van Hoofleiers van verskeie skole in Suid-Afrika. Hierdie jaar maak ons weer so en gesels ons met Jeanri Bothma, Hoofdogter vir 2025 van Hoërskool Robertson.

“Waarna ek die meeste uitsien in my leierskapsjaar is om saam met my leerlingraad hoër hoogtes te bereik en spanwerk asook vertroue te bevorder.

My persoonlike doelwit vir die jaar is om seker te maak almal voel dat hulle ‘n waardevolle bydra lewer. My doelwit vir Hoërskool Robertson is om leerders te motiveer om hulle volle potensiaal te bereik.

Ons skool se waardes en hoe die kinders dit uitleef, staan vir my ongelooflik baie uit. Dit is veral ons drie hoofwaardes, nl. Respek, omgee en betroubaarheid.

Aanpassings of veranderinge wat ek graag wil sien gebeur by Hoërskool Robertson, is dat meer leerders moet deel word van ons sportkultuur.

Die rede waarom ek iemand sal oorreed om ons skool hul keuse van skool te maak, is omdat jy nie net ‘n nommer by Hoërskool Robertson is nie, maar dat almal raakgesien word.

My sterkste leiers-eienskappe is probleemoplossing en goeie beplanning.

Om samewerking (commitment) van my span te ontvang, luister ek na almal se opinies en ek maak almal deel van die besluitnemingsproses. Dan motiveer ek almal om besluite uit te voer.

Die persoon na wie ek die meeste opsien is my ma. Sy sien altyd die positiewe in enige situasie.

Waaroor ek baie dagdroom is om eendag ‘n suksesvolle loopbaan te hê. Ek is nog onseker oor watter loopbaan ek wil volg, maar ek wil beslis by die Universiteit van Stellenbosch gaan studeer.”

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/

https://hoerskoolrobertson.co.za/

Foto verskaf

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal