)

Hoërskool Outeniqua se ryers presteer op nasionale vlak

Die afgelope naweek het ses ryers van die Hoërskool Outeniqua in George, se bergfietsspan by Magaliesburg in die Noord-Wes provinsie aan die SPUR Nasionale bergfietswedren deelgeeem. Ten spyte van ‘n nat en glibberige baan, het die ryers hulle uitstekend van hulle taak gekwyt. Die Outeniqua span het ‘n algehele 15de plek verower uit ‘n total van 74 skole wat deelgeneem het! Die meisies het ‘n 15de plek en die seuns ‘n 19de plek uitgetrap. Sondag het die ryers in provinsies deelgeneem. Ses van die Suid-Kaap ryers is in die Wes-Kaap span opgeneem.

Onder leiding van Mev. Anina van Niekerk het die Outeniqua Hoërskool se bergfietsspan vanjaar geseëvier in die plaaslike Spur Skole bergfietsreeks. Die skool se eerste span is genooi om aan die nasionale wedre in Magaliesburg deel te neem. Die hitte en dun lug het die ryers laat sweet en hulle moes kompeteer in groepe van tussen 80 en 100 ryers in hulle onderskeie ouderdomsgroepe. Val en weer opstaan was aan die orde van die dag. Die atmosfeer by Bekker Landbouskool was elektries met honderde ryers, onderwysers, spanbestuurders, ouers en ondersteuners. “Sjoe, dit was nou uitstekend. Ek het dit so geniet!” was Britney Wilmans se kommentaar ná haar wedren. “Wedrenne soos hierdie maak die leerders bewus van die omvang van die sport en motiveer hulle om harder te werk en na hoër hoogtes te reik. Bergfiets in die Eden distrik het baie ver gekom die afgelope twee jaar en ons is opgewonde om te sien dat meer en meer ryers selfs op die nasionale front begin kompeteer en presteer. “

Die Outeniqua span wil graag hulle dank uitspreek teenoor Outeniqua Hoërskool vir hulle ondersteuning en motivering. Dankie aan SPUR wat hierdie ongelooflike geleentheid geborg het.

Ons wil ook York High se ryers geluk wens met hulle prestasies die naweek. Die kameraderie tussen die Suid-Kaap ryers was iets om te beleef.

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal