Keusevak vanaf Graad 10 – Verlede Maandag was ’n geskiedkundige dag vir Sekondêre Meisieskool Oranje. Vir die eerste jaar word die vak IGO (Ingenieursgrafika en -Ontwerp) vir die Graad 10’s aangebied. Voorheen moes leerders dit as ’n agtste vak neem. ‘n Paar Graad 10’s is die eerste klompie wat vanjaar vir die keusevak IGO in mnr. Ig du Toit se klas aangemeld het.
Die beroepsmoontlikhede met IGO as ‘n keusevak vanaf Graad 10 is volop – onder meer argitek, ingenieur, mediese tegnikus, industriële ontwerper, binnenshuis ontwerper, landskapargitek, stadsbeplanner, landmeter, grafiese illustreerder, juweliersontwerper en tekenaar.
Van die ander vakke wat onlangse by OMS ingestel is, is Engels Huistaal (1ste matriekgroep in 2020) en Toerisme (1ste matriekgroep in 2024).
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto voorsien
Become a Sponsor








