Weskus Senior Netbal A-span. Sunelle de Bruyn, leerder van Hoërskool Swartland in Malmesbury, is tot die Weskus Senior Netbal A-span verkies.
Sunelle gaan as deel van die span aan die Spar Nasionale Kampioenskappe vanaf 1 tot7 Desember 2024, by Ellispark, deelneem. Hoërskool Swartland se eerstespan afrigter, me. Suzette Visser, dien as tegniese beampte by die Nasionale Kampioenskappe.

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto verskaf










