Gala-aand van Ink. Tydens die gala-aand van Ink (jaarlikse skryfwedstryd van Bloemfontein Skrywersvereniging) op 9 November in Bloemfontein, is aangekondig dat Malienke van Wyk (gr 9) se kortverhaal opgeneem is in Inkspraak 5. Nóg ‘n groter vreugde is dat Malienke, uit 146 kortverhale, ‘n skitterende vierde plek vir Jeugliteratuur behaal het.
“Hoërskool Bredasdorp is opreg trots op hierdie puik prestasie, Malienke!”
Die Bloemfonteinse Skrywersvereniging (afgekort as BSV), gestig in 1970, is ‘n vereniging van mense wat in skryfwerk belang stel en dit geniet om te skryf.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto verskaf
Become a Sponsor








