OP Atletiek jaarlikse toekennings. Hoërskool Nico Malan, Humansdorp, atlete Cindy Strydom en Bryan Katoo is beloon vir hul merkwaardige prestasies by die OP Atletiek jaarlikse toekennings uitdeling. Die toekennings is op 16 November ontvang by die West View Rolbalklub in Gqberha.
- Cindy Strydom is vereer met die Track & Field Jeug Sportvrou van die Jaar-toekenning.
- Bryan Katoo het helder geskitter en die volgende top toekennings ontvang: * Track & Field Junior Sportman van die Jaar; * Algehele Manlike Atleet van die Jaar; * EPA Sportpersoon van die Jaar.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto’s verskaf










