7’s Rugby. Vrydag 15 Oktober het Hoërskool Ermelo se o/15A-7’s rugbyspan aan Die Wilgers hoërskool se 7’s rugby toernooi deelgeneem. Erries het goed gevaar en eindig algeheel derde.
Die rugby poel-wedstryde se uitslae is as volg: Erries wen 34-0 teen Hoërskool Eldoraigne. EHS wen 50-0 teen Hoërskool Erasmus en Divan Mulder word aangewys as man van die wedstryd. Hoërskool Ermelo wen Hoërskool Wagpos 14-10 en hier word Njubo Zwane as man van die wedstryd aangewys. Die Erries verloor ongelukkig teen Hoërskool Marais Viljoen met 15-7.
Tydens die uitspeel-wedstryd wen EHS 15-12 teen Hoërskool Eldoraigne.
Baie geluk aan die seuns met die uitslae! Die Erries kyk na julle met trots!
Lees meer oor Hoërskool Ermelo: https://schoolsthatrock.co.za