Septembermaand is braai-maand. Hoërskool Robertson loods ‘n fondsinsameling om die beste van elke braai te maak. Kry jou Robbie Bloublits teen R20 per pak by Hoërskool Robertson, Shell, Spar, Pick & Pay en RobSigns
Nasionale Braaidag word jaarliks op 24 September op erfenisdag gevier. Alle Suid-Afrikaners wêreldwyd word aangemoedig om op die dag hulle vure aan te steek en iets te rooster. Die dag gedenk Suid-Afrika se ryk erfenis en sy unieke tydverdryf, die Braai. Die tradisie begin oorspronklik by die Afrikaner, maar het sedertdien na die res van Suidelike-Afrika versprei, insluitend Botswana, Namibië, Lesotho, Zimbabwe en Zambië. Naas vleis word broodjies, mielies, aartappels in foelie en sampioene ook algemeen gebraai, gewoonlik as bygeregte, maar ook soms as ‘n vegetariese maal voorberei word. Net soos die woord boerewors, is die woord braai ook in Engels en meeste Suider-Afrikaanse tale opgeneem.