Opgewonde Possies het vanoggend hul rapporte ontvang! Gelukkig help die maskers om ons warm te hou!
Primêre Skool Willem Postma is ‘n gemengde primêre skool met bykans 1000 leerders – graad 1 tot 7. Die skool is geleë in Dan Pienaar (noordelike voorstad) van Bloemfontein. “Ons leerders presteer puik in akademie, sport en kultuur.”
Graad 1 tot 3 klasse word beperk tot 30 leerders per klas. Graad 4 tot 7 word leerders beperk tot 35 per klas.
WEET WAAR Lê ONS KRAG:
-
God as Hoof
-
Gemotiveerde professionele personeel
-
Betrokke ouers
-
Vrymoedige leerders
‘n PLEK WAAR N STEWIGE GRONDSLAG GEVORM WORD:
- Deur leerders op alle terreine, intellektueel, geestelik, emosioneel en liggaamlik te ontwikkel
- Fokus op die holistiese vorming van leerders, eerder as oordrewe spesialisering
- Balans oor n wye spektrum