Hoërskool Nelspruit het Saterdag met 3 van sy spanne deurgedring na die halfeindrondte van die Virsekerbeker, voorheen ook bekend as die Administrateurs Beker, Dirketeurs trofee en mees onlangs die Beeld trofee. Die beker gaan vir die beste Hoërskole Rugbyspan in die ou-Transvaal grens gebied en uitspeel wedstryde vind plaas tussen al die kampioene van die onderskeie streke, Gauteng, Mpumalanga, Limpopo en Noord-wes. Nelspruit het die gesogte beker al in al die ouderdomsgroepe gewen. Die Nellies se eerste span het die gesogte trofee al 3 keer ingepalm en hul mees onlangse wen was teen Hoërskool Garsfontein in 2014 se finaal, dus kampioen 2014. Vorige jare wat hul kampioene was, was in 1972, 1975. Was ook verskeie kere in die finaal….1976 en 1989.

Nelspruit neem deel aan die Makro- afdeling wat dus beteken, al die groot en beste Rugbyskole neem deel aan die afdeling. Skole soos Monument, HTS Middelburg, Nelspruit natuurlik, Menlopark, EG Jansen, Kemptonpark, Garsfontein en Waterkloof. Vir ‘n plattelandse skool om so goed te presteer is egter ongelooflik goed vir ons dorp en gemeenskap.

Nelspruit se drie spanne wat deur gedring het na die halfeind is hul 0/14A’s wat vir Garsfontein 39-10 se 0/14A’s geklop het, NHS se 0/16’A het Garsfontein 47 – 20 geklop en NHS se eerste span het Menlopark 36 -0 gewen.

Op die foto heel bo:  Wium Barnard van NHS se eerste rugbyspan in aksie

Berig en foto deur Johan Orton

Become a Sponsor