[et_pb_section bb_built=”1″][et_pb_row][et_pb_column type=”4_4″][et_pb_text _builder_version=”3.12.2″]
Hierdie jaar is die eerste jaar in ‘n baie lang tyd wat die matrieks van Hoërskool Strand teen die res van die skool deelgeneem het. Dit is vir elke eerstespanafrigter ‘n goeie aanduiding van waar hulle in 2019 staan met elke speler en elke sportsoort. Daar was baie goeie sport wat heel middag geduur het.
Die dag is geopen deur die netbal – wat ‘n titaniese stryd was. Die “res-span” het die wedstryd oorheers en was amper heeltyd voor. Die matriekspan het met ‘n goeie terugvegpoging die oorwinning behaal oor die res van die skool deur die wedstryd met 32-28 te wen.
Die tweede wedstryd was die dogtershokkie. Dit was omtrent ‘n harde wedstryd waar hulle op en af regoor die hele veld gespeel het. Die “res-span” was net te sterk vir die matriekspan en het die wedstryd 2-0 gewen.
Die derde wedstryd was die seunshokkie se beurt. Hierdie matriekspan het op die dag bewys dat hulle ‘n gedugte span is en die res span van die veld af gespeel. Die “res-span” het wel met ‘n klomp jongmanne gespeel wat vir hulle baie goeie ervaring gegee het. Die matrieks het 5-3 gewen.
Laastens was die rugby se beurt. Dit was ‘n heerlike wedstryd wat gespeel is in die aand onder die spreiligte op Charles Morkel se A-veld. Albei spanne het baie fisiek begin en die skare kon die stampe en duikslae op die pawiljoen hoor. Na net 5 minute het Johann Loots, kaptein van die matrieks en eerste rugbyspan van 2018, die veld verlaat met ‘n baie groot sny oor sy oog wat beteken hy moes hospitaal toe jaag om steke te kry. Die matriekspan het voorwaar hulle kaptein gemis en daar was geen leiding meer op die veld nie en hulle dissipline het hulle regoor die hele wedstryd gekos. Die “res-span’ het glad nie teruggestaan vir die klomp “hardebaarde” nie en het oorwinning van 36-24 behaal
Dit was ‘n gelykopdag met elke groep wat 2 van die 4 wedstryde gewen het.
Die matrieks het wel in groot getalle opgedaag en het hele dag mooi ondersteun, waar die res van die skool net hier en daar ondersteuners gehad het. Hopelik sal die ondersteuning volgende jaar aansienlik toeneem as dit ‘n skooltradisie raak.
Baie dankie aan elke onderwyser wat as skeidsregter en lynregter op hierdie dag opgetree het.
[/et_pb_text][/et_pb_column][/et_pb_row][/et_pb_section]