Ouinette van Niekerk, graad 10 leerder, en Nancy van Niekerk, graad 8 leerder, van Hoërskool Upington het gedurende die Julievakansie aan verskeie items deelgeneem tydens `n Perde-Boeresport.

Quinette het die volgende uitslae behaal vir dogters onder 16: Stok-en-Emmer – 1ste plek, Barrelresies – 2de plek, Vlegresies – 1ste plek, Aartappel-in-Emmer – 1ste plek en `n trofee vir beste kinderruiter onder 16.

Nancy het die volgende uitslae behaal vir dogters onder 14: Ringsteek – 1ste plek, Barrelresies – 1ste plek, Drafresies – 2de plek, Musiekstoel  – 2de plek, Vlegresies – 2de plek, Aartappel-in-Emmer – 2de plek, Figuur 8 – 3de plek en trofee vir beste kinderruiter onder 14

Become a Sponsor