Stulting se seniorkoor tydens die optreede, en mev. Karien du Plessis, skrywer van die “Humansdorplied” waarmee die seniorkoor die trofeë gewen het vir die Beste Afrikaanse liedjie.
Laeskool Stulting se junior- en seniorkoor het 13 en14 September onderskeidelik tydens die KykNET Sing in Harmonie TV-opname van die provinsiale finaal opgetree.
Hierdie opname het by die Harvest Christian Church in Port Elizabeth plaasgevind. Die kore het pragtig gesing. Stulting sien met opwinding uit na die TV uitsending hiervan.
Die seniorkoor spog met die Beste Afrikaanse liedjie. Die “Humansdorplied” is geskryf deur Laerskool Stulting se eie mev. Karien du Plessis. ‘n Besondere pluimpie vir haar en die koor.