Veertien leerders van Afrikaanse Hoër Meisieskool is ingesluit in die Simfonia Juventi Jeugorkes.
Affies het die grootste verteenwoordiging van enige ander skool in die Simfonia Juventi die afgelope paar jaar.
Die Simfonia Juventi is een van die mees gesogte jeug orkeste in die land en het ‘n repertoire wat op ‘n baie hoë standard is. Die orkes speel, onder andere, werke van Beethoven – 5de Simfonie en die 1812 Overture. Dit daag al die jong musikante uit om op ‘n professionele vlak te dink en te speel.
Die ervaring en kennis wat leerders opdoen met hul insluiting in die Simfonia Juventi is van onskatbare waarde.
Voor vlnr: Kristie Guldenpfennig, Lianneke Viljoen, Éla De la Bat, Carla Knipe en Annalette du Plessis.
Middel vlnr: Klara Greeff, Anika van Zijl, Nicole Sutton en Marianne Semmelink.
Agter vlnr: Mila Smith, Stephanie van Rooy, Deoné Prinsloo, Carmen Fair en Greta Hechter.