Worpe Atletiekbyeenkoms. Christopher Smit van Hoërskool Strand in die Wes-Kaap, het Saterdag, 18 September, aan die Worpe-Atletiekbyeenkoms in Mosselbaai deelgeneem. Hy het ’n eerste plek in Hammergooi behaal vir Seuns O.18 met ’n nuwe byeenkoms rekordpoging van 62,90m.
Met hierdie afstand het Christopher ook sy persoonlike beste afstand met omtrent 2 meter verbeter. Hierdie poging was selfs verder as sy poging by die Suid-Afrikaanse Kampioenskap in April, toe hy die goue medalje behaal het.
Die organiseerder van die byeenkoms se gelukwensing kom Christopher beslis toe: “Baie geluk met Christopher se prestasie. Dit was ‘n voorreg om hom te kon sien gooi!”
Lees meer oor Hoërskool Strand: