Wolf Pack Cub Tennis. Vyf van Primêre Skool Jim Fouché se leerders het op Saterdag, 2 November, aan die Wolf Pack Cub Tennis toernooi deelgeneem. Die toernooi is aangebied vir leerders van alle ouderdomsgroepe. Die spelers is in verskillende kategorieë ingeskryf en het die geleentheid gehad om teen baie ander maats te kompeteer.
Goeie sportmangees het geheers asook ernstige spel om sodoende hul posisies te verbeter.
Ruan Burger en Menienke van der Merwe eindig in die Top 5 posisies in hul kategorieë.
Rocco Erasmus behaal ‘n pragtige sesde plek. Al drie hierdie leerders het hul plekke met baie goeie spel verbeter. lan Young en JC le Roux het ook deelgeneem en hul harte uitgespeel. Hierdie spelers is opgewonde oor tennis en is van plan om ‘n groot verskil op die tennisbaan te maak.

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto’s verskaf









