Foto van die 9 Wittebergers in Oos-Vrystaat landloopspan vlnr: Cara Cilliers, Gerhard Bossert, Kaylin Smit, Jurie Wessels, Elana Enslin, Illne Myburgh, Ella Steynberg, Andrea Steynberg en June Lombaard
Nege Wittebergers in Oos-Vrystaat Landloopspan.
Nege atlete van Hoërskool Witteberg in Bethlehem is ingesluit in die Oos-Vrystaat Landloopspan. Witteberg se landloopleerders het gister aan die Oos-Vrystaat Landloop deelgeneem. Hulle het die volgende plekke los gehardloop.
Dogters o.14: Andrea Steynberg- 2e; Cara Cilliers – 4e en Ilne Myburgh – 6e.
Seuns o.14: Gerhard Bossert – 1e;
Dogters o.15: June Lombaard – 1e; Carissa Tredoux – 4e en Kaylin Smit – 5e
Seuns o.15: Jurie Wessels – 3e
Dogters o.17: Ella Steynberg – 1e en Elana Enslin – 2e
Baie geluk aan elkeen van die leerders.
Meer oor Witteberg:
https://schoolsthatrock.co.za/category/other-provinces/freestate/freestate-schools/
https://www.witteberghs.co.za/
Welkom by die Hoërskool Witteberg…
Hierdie jeugland is ‘n volle orkes. Elke klas, les en oefening, hoe klein ook al, ‘n unieke instrument met sy eie timbre. Indien hierdie meesterstuk heelhartig aangepak word, sal jul leer luister en waardeer. En soos ritmes verhoog, sal jul ontwikkeling en blootstelling jul toelaat om die wêreld te verower. Sou jy deel vorm van die lewensreis, sal jy besef, jy is deel van iets onvervangbaars.
Ons akademiese ingesteldheid vorm die ryke fondasie van ons instelling. Hierdie mandaat is ons trots en word jaarliks as prioriteit geag ter wille van ons leerders. Ons standaard is monumentaal en die enigste maatstaf waarmee die wêreld jou gaan groet. Elke opvoeder by ons, ag hierdie plig as ‘n voorreg en is gereed om saam aan jul menswees te bou.
At Witteberg one quickly realises that work doesn’t break you, but builds you. When one walks amongst giants, you realise that only a sound foundation, built on principle, are the building blocks that can weather the storm. Here we strive to be the monuments that society needs. The pillars that allow the structures of life to remain standing. It is this approach that defines us as different to the rest.
Ons is geseënd om te mag spog met uitsonderlike fasiliteite en ‘n ryke geskiedenis van sport en kultuurprestasies. By Witteberg gee ons erkenning aan die norme waarmee tydloosheid gepaardgaan. Ons ontsluit en ontwikkel karakter wat nodig is om die onbekende te trotseer. Elke personeellid se ywer vorm deel van die skool se ritme wat vir sy leerders standvastigheid skep. Kom sien, beleef en glo hoe die seisoene van jou lewe agter ons skoolbanke met ‘n ryke oes geseën kan wees. Kom ervaar hoe die duet tussen opvoeder en kind, sorg vir ‘n crescendo. Daag dus op vir die blyspel, luister na elke noot, ook na die stiltes – en deel in ‘n onmeetbare oomblik.
Om deel van die instelling te wees, sal altyd ‘n voorreg bly.
Hannes Oosthuizen
Skoolhoof