Witteberg MTB Challenge. Trekkerfietsryers, Hendré Bester en Christiaan de Wet het die naweek van 8 April deelgeneem aan die Witteberg MTB Challenge. Hierdie fietsren word jaarliks aangebied by die Iona kersieplaas.
Bethlehem Voortrekker Hoërskool se fietsryers het die volgende prestasies behaal:
Hendré Bester algeheel 6de in die Jeug mansafdeling
Christiaan de Wet eindig algeheel 18de
Altwee hierdie seuns het BHVS trots gemaak in moeilike omstandighede teen sterk kompetisie.
Trekkertrots!
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
https://www.voortrekker.co.za/
Foto verskaf