Wintersport. Op Saterdag, 4 Maart, het Erries deelgeneem aan die Wintersport teen Hoërskool Ferrum. Die Wintersport spanne wat deelgeneem het, was die dogtershokkie, netbal en rugby.
Al die dogtershokkie wedstryde was vriendskaplike wedstryde. Hoërskool Ermelo se dogtershokkie wen al hul wedstryde soos volg:
- o.14A-span wen 1-0
- o.15A-span wen 2-1
- o.16A-span wen met ’n besondere 15-0
- Tweede span wen 5-0 en
- Hoërskool Ermelo Eerste span dogtershokkie wen met een doel teenoor nul.
Op die netbalbane het die Erries gemengde welslae ervaar in hul vriendskaplike wedstryde. Die uitslae was as volg:
- o.14A wen 16-8
- o.14B verloor 4-20
- o.15A verloor 5-19
- o.15B wen 9-8
- o.16A wen 20-7
- Tweede span wen 13-11 en
- Hoërskool Ermelo Eerste span verloor 30-31.
Die rugby se wedstryde was ligawedstryde en die Erries se uitslae was as volg:
- o.14A’s wen 40-7
- o.14B’s verloor 12-29 (teen Hoërskool Piet Retief)
- o.15A-span wen met 49 teenoor 26
- o.15B’s verloor 19-22
- o.16A-span wen met ’n uitsonderlike 73-21
- Tweede span wen 15-6 en
- Hoërskool Ermelo se Eerste span verloor 41-47.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s voorsien