DF Malan leerders het onlangs aan ‘n Rekeningkunde-olimpiade deelgeneem. Almal het deurgedring na die 2de rondte en het puik gedoen. Die volgende leerders het deelgeneem:
Leon Rossouw, Jeandré Ludick, Wilhelm Schlünz, Janelle Greeff, Danielle Henckert, Mieka Loubser en Nina Engelke.
Wilhelm Sclünz (op die foto bo) het provinsiaal 2de geëindig. Baie geluk aan elkeen van hulle.
Die Hoërskool DF Malan is ‘n openbare skool wat daarna streef om wêreldklasonderrig en -opvoeding aan sy studente te bied. Ons streef daarna om ons studente vir die wêreld buite die skool voor te berei en daarom plaas ons nou reeds baie verantwoordelikhede op hulle skouers.
DF Malan is ‘n sterk akademies gerigte skool, omdat ons glo dat kennis die een kommoditeit is wat nooit van enige individu weggeneem kan word nie. Oor die jare handhaaf die skool skitterende akademiese uitslae in die Senior Sertifikaateksamen van die Wes-Kaap.
Dit is egter nie net op akademiese gebied wat DF Malan presteer nie. Ons beskou onsself as ‘n goed gebalanseerde skool waar akademie, sport en kultuur ewewigtig met mekaar skakel om aan al ons studente die geleenthede te bied om hul volle potensiaal te verwesenlik.
Ten spyte van onsekerheid in die huidige onderwyssituasie in Suid-Afrika, staan die Hoërskool DF Malan met sy personeel, studente en ouers as ‘n baken van hoop en vertroue in die onderwys en in die toekoms van ons land. Die Hoërskool DF Malan probeer ‘n verskil maak: nie net in mense se lewens nie, maar ook in die gemeenskap en wêreld waarin ons as Dee-Effers beweeg.
Alles wat ons doen, word getoets aan ons visie van ‘n hoërskool vir jong volwassenes. As personeel probeer ons aan ons studente vlerke gee waarmee hulle kan vlieg, maar ook standvastigheid om vasgeanker te bly aan die waardes en beginsels wat universeel van die goeie en regte is.
Ons stem heelhartig met John F. Kennedy saam as hy sê: “Our task is not to fix the blame for the past, but to fix the course for the future.”
Become a Sponsor