Western Mounted Games Erries. Die Western Mounted Games het vanaf 3 tot 6 Oktober in Parys plaasgevind. Hoërskool Ermelo se ruiters het uitstekend gevaar.
Die Erries het die volgende prestasies behaal:
Jade van Strijp het ‘n eerste plek behaal op haar perd Klinker in Curriculum level 0.
Karmien Pretorius op haar perd Caramel, behaal ‘n tiende plek in level 1.
CJ Steenkamp het ‘n vierde plek op sy perd Line of Controle in level 4.
Level 5
Walter van der Walt behaal ‘n vyfde plek op sy perd Asian Prinses in level 5.
Mia van Aardt het ‘n sesde plek behaal met haar perd Lava Girl in level 5.
Mia Steenkamp, met haar perd Amego, behaal ‘n sewende plek in level 5.
Walter, Mia Steenkamp en Mia van Aardt stap as wenners weg van die level 5 span-kompetisie
Level 7
Melissa Olivier behaal ‘n algehele tweede plek op haar perd Scooby Doo Too in level 7 en sy word gekies as reserwekampioen.
Carli Huber het die algehele negende plek behaal op haar perd Migelo in level 7.
Inge van der Walt behaal ‘n tiende plek op haar perd Day Dream Candyman Tokolosh in level 7.
Melissa, Carli en Inge eindig tweede in level 7.
Level 7 se span-kompetisie is gewen deur Inge van der Walt, Carli Huber en Mia Steenkamp.
SANESA hoërskool level 0-kampioen
Baie geluk aan Jade Van Strijp op Klinker Curriculum wat aangewys is as die algehele SANESA hoërskool level 0-kampioen vir 2021 se nasionale-kampioenskap. Die Erries is supertrots op haar met hierdie prestasie.
Veels geluk aan Melissa Olivier wat vir die tweede opeenvolgende jaar gekies is vir die SAEF-span. Hoërskool Ermelo eindig algeheel negende by die Nasionale-kampioenskap waar 176 skole deelgeneem het! DIt is voorwaar ‘n uitsonderlike prestasie.
Die Core League-kampioenskap het plaasgevind te Kyalami en hier het die Erries die volgende prestasies behaal:
Mia Steenkamp eindig derde in die 90cm Two Phase kompetisie.
Surika Struwig behaal ‘n eerste en sesde plek in Elementary Medium Dresseer en ‘n vierde plek in Elementary Medium Freestyle Dresseer.
Simoné Jacobsz behaal ‘n agtste en 35ste plek in onderskeidelik Novice Dresseer toets 6 en toets 5.
Helené Lotz behaal elfde en twaalfde plekke in Junior Elementary Medium Dressage, asook veertiende en 21ste plekke in Junior Novice Dressage.
Sudré Meyer het ‘n vyfde plek vir Competition Jumping behaal.
Mpumalanga het tydens die byeenkoms algeheel derde geïendig.
Baie geluk aan elke Errie wat ‘n plek behaal het. EHS is trots op julle.
Foto’s verskaf
Lees meer oor Hoërskool Ermelo: