Aneke Engelbrecht, Jana Swart en Mia Fouché het op Saterdag, 22 Mei almal silwer toekennings verwerf in Gimnastiek in Bloemfontein.
Op Saterdag, 29 Mei 2021 het hulle almal weer silwer verwerf en kwalifiseer om deel te neem aan die Noordelike Interklub kompetisie.
Ettiene Engelbrecht verwerf brons en kwalifiseer ook vir die bogenoemde kompetisie.
Annique de Villiers verwerf goud en kwalifiseer ook vir die Noordelike interklub kompetisie.
Volkies is baie trots op hul gimnaste!