Waterkloof Top 10 Atletiekbyeenkoms. Twee van Primêre Skool Grey Kollege, Bloemfontein, se atlete, Reuben Smit en Wian Bredenkamp, het Saterdag, 3 Februarie aan die Waterkloof Top 10 Atletiekbyeenkoms deelgeneem.
Die byeenkoms is bekend daarvoor dat hul jaarliks die land se voorste atlete uitnooi na die byeenkoms.
- Reuben Smit het uitstekend presteer deur eerste plekke in sowel die 80m hekkies sowel as die 100m hekkies te behaal. Hy het ook ‘n splinternuwe rekord in beide items opgestel!
- Wian Bredenkamp het ook uitsonderlik presteer deur eerste plekke in beide die spiesgooi en skyfwerp vir seuns onder 13 te behaal.
Grey Kollege Primêr is baie trots op die twee atlete en kan nie wag om te sien wat hul die res van die atletiekseisoen gaan oplewer nie.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
https://greycollegeprimary.com/
Foto verskaf