Vrystaat Sportsterre. Hoërskool Fichardtpark is vanjaar weereens een van die Vrystaatse skole wat genomineerdes vir die gesogte titel van Vrystaat Sportsterre opgelewer het. Die wenner sal aangekondig word by ‘n spogdinee op 12 Oktober 2023.
Fichies se twee genomineerde leerders is:
- Jaco Grobbelaar (Rugby): Kaptein van Fichie Leeus; Lid van SA Skole Rugbygroep na die SA Skole Rugbykamp; Lid van die Vrystaat Cravenweek span en lid van die SA Skole span.
- Miguel Ribeiro (Skerm): Presteer tydens die KwaZulu-Natal Ope-Skerm kompetisie.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf