Vrystaat Landloopspan. Hoërskool Goudveld, Welkom – ’n dag van glorie en sporttrots!
Baie geluk aan Cara Claassens en Nia-Marie Joubert wat met hul uitsonderlike talent en harde werk ’n plek in die Vrystaat Landloopspan verower het! Hierdie prestasie getuig van hul toewyding, uithouvermoë en sportgees – ’n ware inspirasie vir hul mede-Gouties.
Wat hierdie prestasie nóg meer merkwaardig maak, is dat Cara en Nia-Marie vroeg-oggend reeds hul staal gewys het op die hokkieveld. Hulle het deelgeneem het aan die Cara Claassens en Nia-Marie Joubert. Om op een dag in twee verskillende sportkodes uit te blink, is geen geringe prestasie nie. Dit spreek van karakter, deursettingsvermoë en ’n passie vir sport.
🎉 Die Goudveld-familie is ongelooflik trots op julle! Julle dra nie net die naam van ons skool met trots nie, maar dien ook as rolmodelle vir jong sportlui wat droom om groot hoogtes te bereik. Mag hierdie mylpaal die begin wees van nog vele sportoorwinnings!
Gaan voort om te skitter – ons staan agter julle elke tree van die pad!
Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto verskaf
Become a Sponsor








