Vrystaat Landloop. Sewe Oranjeniete is in die Vrystaat-landloopspan ingesluit. Carlé Stockenström (16.37) en Annari Blignaut (15.46) was op die Vrystaat-kampioenskappe onderskeidelik 2de en 3de in die 4 km-wedloop.
In die Bloemfontein-liga het Annari en Eunice Cilliers ’n algehele silwermedalje verower en Lischen Steyn brons. Die o.17-span (Carlé, Eunice, Lischen en Anja le Grange) is die ligakampioen in dié ouderdomsgroep.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf