Vrystaat Karatekas by Kampioenskappe: HandrĂ© Dreyer van Laerskool Truida Kestell en lede van Bethlehem Karate klub, het die afgelope naweek Vrystaat verteenwoordig by die KSA. Die SA “Elite & Open” Nasionale kampioenskappe is gehou in Tongaat, KZN.
Slegs karatekas wat vir hulle provinsiale verkies was, kon aan die Vrystaat kampioenskappe deelneem. Dit was ‘n strawwe kompetisie maar die karatekas het hulle goed van hul taak gekwyt.
HandrĂ© het aan die volgende afdelings deelgeneem en soos volg presteer: Seuns Kata 12/13 jaar “Opens” het hy 3de plek behaal. In die Seuns Kumite Opens 12/13 jaar – 55 kg het hy die 2de plek behaal.
Baie geluk Handré.
Truidjies is trots op jou!