Vrystaat Interskole gala. Drie swemmers van die Hoërskool Witteberg in Bethlehem, het tydens die Vrystaat Interskole gala op 23 en 24 Februarie in Bloemfontein puik presteer!
Julie Landmann het reeds tydens die uitdunne die 50m vryslagrekord verbeter. Sy het verder in die finaal 2 goue medaljes verower.
Armand Landmann het die 50m rugslag rekord verbeter asook twee goue en drie silwer medaljes verower.
Ramon Landmann het tydens die finaal een goue-, een silwer- en een brons medalje verower.
Julie en Armand het beide die Vrystaatspan behaal en sal later vanjaar aan die S.A.’s deelneem.
Witteberg het altesaam 144 punte verwerf en so die vyfde plek uit sestien Vrystaat- gemengde skole behaal.
Hoërskool Witteberg is huidiglik die top skool in die Thabo Mofutsanyana-distrik.
Foto’s verskaf
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za