)

Vrolike Vrede – Errie-damespersoneel geniet afsluiting

Hoe lekker om ‘n jaar af te sluit met seer maagspiere …. nee, nie van oefen in die gym nie….maar van lag!

Die damespersoneel van Hoërskool Ermelo se jaarlikse uitstappie om van die merkwerk te ontvlug en die besige jaar af te sluit, was Donderdag, 16 November! Twee bussies vol kollegas vertrek om sewe die oggend vanaf die teerblad om die Pinocchio Pantomime in die Johannesburg Teater te gaan kyk.

Daar aangekom is ons enkele volwassenes omring deur ‘n see van opgewonde kindergesiggies wat die minute aftel. Twee seuntjies agter ons verklaar intussen “thumb war”. Meeste kekkel opgewonde. Die vonkel in hul oë weerspieël nie net die sterreligte wat op die toegetrekte gordyne skyn nie, maar ook die afwagting in elke kinderhart! Vingers wys opgewonde na die kolligte! Die orkes begin speel! ‘n Spontane ‘whow’ klink op as die groot ligsterre verskiet in duisende klein sterretjies wat die hele teater vul! Uiteindelik skuif die gordyne oop!

Iets van die kinderlike onskuld en algehele oorgawe aan die oomblik van genot is aansteeklik en trek ook die gordyn oor elk van ons se jaareind-siel weer weg!

Mens hoor oor en oor: Kyk deur die oë van ‘n kind en jy sal altyd sin en waarde vind… en hier ervaar die Errie-onnies dit eerstehands: sorgeloos oorgee aan ‘n oomblik in tyd en bestaan wat verfrissend heerlik kan wees.

Ons lag vir al die kwinkslae en onbesorgde vreugde fontein weer in ons harte. Die energie van die spelers op die verhoog trek mens vinnig na die punt van jou stoel en maak dat ons opspring en saamdans toe die uitnodiging kom!  Ons ry grootmense het weer toegelaat dat die kind in ons dans en lag: verfrissend vars!

Na dié afstof van al die grootmens-dinge, is ons na Lifestyle Garden Centre waar ons middagete genuttig en sonder ophou geklets en gelag het soos net ‘n klomp vroumense kan!

Toe die son sak en ‘n vlaag reën ons tuisdorp se strate was, stop die bussies vol vriendinne op die teerblad.

Vrolike vrede!

Dankie aan elke damesonnie wat met liefde deur die jaar weereens hulle alles gegee het vir die Erries, ‘n impak gemaak het waar nodig en nooit ophou omgee nie!

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal