VRL Hoofleier Durbanville. In ons reeks oor skole se hoofleiers vir volgende jaar, gesels Schools That Rock met Jean van der Westhuizen. Jean, VRL Hoofleier van Hoërskool Durbanville vir 2023, vertel ons meer van homself en sy leierskap.
“Ek is Jean van der Westhuizen. Ek het volgende jaar die groot voorreg om as ‘n VRL Hoofleier by Hoërskool Durbanville te dien. In my vrye tyd probeer ek myself verbeter. Dit sluit dinge in soos om interessante boeke te lees, te oefen en om vriendskappe te bou. My grootste belangstellings lê in geldsake en beleggings. Daarom bly ek gereeld op hoogte van wêreldgebeure en aandeelpryse. As VRL Hoofleier Durbanville wil ek graag my medeleerders motiveer en aanmoedig om die beste weergawe van hulself te word. Ek glo dat dissipline skep vryheid en dat orde by ons skool gehandhaaf moet word.
My persoonlike doelwitte as VRL Hoofleier van Hoërskool Durbanville vir volgende jaar is, soos elke jaar. Ek mik om my volle potensiaal te bereik. Ek wil uitstekend presteer in akademie en my studieplanne vir naskool finaliseer.
My doelwitte as VRL Hoofleier vir Hoërskool Durbanville tydens my diensjaar is om ‘n groot bydrae te lewer op verskeie gebiede. Onder andere soos mentorskap en graad 8 oriëntering. Ek sal graag die posisie as tesourier van ons skool se Verteenwoordigende Raad van Leerders wil inneem. Verder wil ek ‘n voorbeeld stel vir elke leerder.
Uitdagings
Die grootste uitdagings wat ek ervaar het as leerder van Hoërskool , is om selfvertroue op te bou en myself beter te leer ken. As jy vir my in graad 8 gesê het dat ek as ‘n hoofleier oor ‘n paar jaar sal dien, sou ek jou heel moontlik glad-nie geglo het nie. Die grendeltydperk was vir baie mense rof, maar daardie vrye tyd het my in staat gestel om die man te word wat ek vandag is. Ek kon so baie nuwe dinge leer wat my selfdissipline, integriteit en respek gegee het. As gevolg hiervan kon ek die moed vind om vir ‘n leierskapsposisie te staan.
Nog ‘n uitdaging was om vriende te maak met goeie mense. Vriende is wat ‘n mens maak of breek, en jy is werklik die gemiddeld van die 5 mense met wie jy die meeste tyd spandeer. Baie tieners vandag trek swaar as gevolg van groepsdruk en swak vriende. Dis baie belangrik om vriende te maak met mense wat die beste vir jou wil hê.
Wat staan uit by Durbies
Wat vir my die meeste uitstaan by Durbanville, is soos elke seun op my ouderdom sal sê, is dit seker die pragtige meisies by ons skool. Behalwe vir dit sal ek sê dat ons prestasies in sport en akademie staan baie uit. Daar is min skole wat so divers is soos ons s’n. Ek glo onder die leiding van ons nuwe skoolhoof gaan ons skool nog hoë hoogtes bereik!
Soos elke seun op my ouderdom sal sê, is dit seker die pragtige meisies by ons skool. Behalwe vir dit sal ek sê dat ons prestasies in sport en akademie staan baie uit. Daar is min skole wat so divers is soos ons s’n. Ek glo onder die leiding van ons nuwe skoolhoof gaan ons skool nog hoë hoogtes bereik!
My pa is vir my ‘n groot inspirasie. Hy is altyd daar om my te help of advies te gee, selfs wanneer ek dit die minste verdien. Oom Johann is altyd gewillig om my iets te leer, en my te ondersteun. My rolmodelle sluit in Warren Buffett, Charlie Munger, John Templeton, Jordan Peterson en Marcus Aurelius.
As ek ‘n kombuisartikel was
As ek ‘n kombuisartikel moes wees, sou ek ‘n mes wees. ‘n Mes kan vir so baie doeleindes gebruik word. Ek is veelsydig, sterk en ek kan die moeilikste probleme in klein stukkies op sny.
My vriende sal my beskryf as iemand wat hardwerkend en self-gedissiplineerd is. ‘n Persoon wat integriteit, eerlikheid en respek as noodsaaklike eienskappe beskou.
Wie of wat my motiveer om my ideale te bereik, is my eerste gedagte my ouers. Alhoewel hulle my baie motiveer is dit nie al nie. Dis hierdie sterk begeerte om die beste te wees in alles wat ek doen. Ongeag of dit op ‘n sportveld, in akademie of selfs oor ‘n rondte Monopoly is. Ek is baie kompeterend, en ek wil sukses behaal. Hoekom wil ek so graag suksesvol wees? Seker omdat dit baie beter is om te wen as om te verloor! Selfs al verloor ek, hou ek daarvan om te ondersoek wat verkeerd gegaan het en waar ek kan verbeter sodat ek volgende keer beter kan presteer.
Durbanville is ‘n topskool
Hoërskool Durbanville bied so baie geleenthede aan elke leerder. Of jy ‘n sportster is, 100% kry vir Wiskunde, ‘n Hollywood akteur of sanger wil word, kan ek vir jou verseker dat daar is plek om jou talente te bevorder by Durbanville. Ons skool poog om elke leerder se beste belange te bevorder en hulle op te voed vir die wêreld daar buite. Vanaf ons wêreldklas fasiliteite al die pad tot by ons uitstekende onderwysers. Alles bevestig dat Durbanville een van die top skole in Suid-Afrika is. Hoërskool Durbanville is werklik die plek waar “elkeen iemand is”.
Ek kom goed oor die weg met al my onderwysers en ek wil niemand teleurstel nie. As ek my gunsteling onderwyser moet kies, sal ek sê meneer Hennie Jordaan, my ekonomie onderwyser. Ons deel die passie vir die vak, en ek geniet dit baie om met hom oor geldsake, beleggings en wêreldgebeure te gesels.
My toekoms-ideale is om soveel as moontlik dinge te leer en vaardighede op te bou. Ek wil geld verdien, besighede begin en geld belê. Ek sal ‘n graag ‘n fondsbestuurder wil word. As ek die geleentheid kry sal ook graag wil emigreer en burgerskap in ‘n ander land verwerf.
RCL Head Leader Durbanville
In our series on schools’ main leaders for next year, Schools That Rock talks to Jean van der Westhuizen. Jean, VRL Principal Leader of Durbanville High School for 2023, tells us more about himself and his leadership.
“I am Jean van der Westhuizen and next year I have the great privilege of serving as Head Leader at Durbanville High School. In my spare time, I try to improve myself. This includes things like reading interesting books, training and also building friendships. My main interests lie in money matters and investments, which is why I often stay abreast of world events and stock prices. As a leader, I would also like to motivate and encourage my fellow learners to become the best version of themselves. I believe that discipline creates freedom and that order must be maintained at our school.
My personal goals for next year are like every year, I want to aim to reach my full potential. I want to excel in academics and finalise my after-school study plans.
My goals for Durbanville High School during my year of service are to make a major contribution in various areas such as mentorship and Grade 8 orientation. I would like to take up the position of treasurer of our school’s Representative Council of Learners, and set an example for each learner.
Challenges
The biggest challenges I have experienced as a learner of Durbanville High School are to build self-confidence and get to know myself better. If you had told me in Grade 8 that I would serve as a Head leader in a few years, I probably wouldn’t have believed you at all. Lockdown was also rough for many people, but that free time allowed me to become the man I am today. I was able to learn so many new things that gave me self-discipline, integrity and respect. As a result, I was able to find the courage to stand for a leadership position.
Another challenge was making friends with good people. Friends are what make or break a person. You are truly the average of the 5 people you spend the most time with. Many teens today are suffering because of peer pressure and poor friends. It is very important to make friends with people who want the best for you.
As every boy my age will say, it’s probably the beautiful girls at our school. Besides this, I will say that our achievements in sports and academics also stand out a lot. There are few schools that are as diverse as ours. I believe that under the guidance of our new principal, our school will reach even greater heights!
Inspiration
My father is a great inspiration to me. He is always there to help me or give me advice, even when I least deserve it. Uncle Johann is always willing to teach me something, and support me. My role models also include Warren Buffett, Charlie Munger, John Templeton, Jordan Peterson and Marcus Aurelius.
If I had to be a kitchen article, I’d be a knife. A knife can be used for so many purposes. I’m versatile, strong and I can cut the hardest issues into small pieces.
My friends would describe me as someone who is hardworking and self-disciplined. A person who regards integrity, honesty and respect as essential qualities.
Who or what motivates me to achieve my goals? My first thought is my parents. Although they motivate me a lot, that’s not all. It’s also this strong desire to be the best at everything I do. Regardless of whether it’s on a sports field, in academics, or even over a round of Monopoly. I’m very competitive, and I also want to succeed. Why do I want to be successful so badly? Probably because it is much better to win than to lose! Even if I lose, I also like to explore what went wrong and where I can improve so that I can perform better next time.
Durbanville is tops
Durbanville High School offers so many opportunities to every learner. Whether you are a sports star, get 100% in maths, want to become a Hollywood star or singer, I can assure you that there is room to promote your talents at Durbanville. Our school also aims to promote each learner’s best interests and educate them for the world out there. From our world-class facilities all the way to our excellent teachers. Everything confirms that Durbanville is also one of the top schools in South Africa. Durbanville High School is truly the place where “everyone is someone”.
I get along well with all my teachers and I don’t want to disappoint anyone. If I have to choose my favorite teacher, I will say Mr. Hennie Jordaan, my economics teacher. We share the passion for the subject, and I really enjoy talking to him about money matters, investments and world events.
My future goals are to learn as many things as possible and build skills. I want to make money, start businesses and invest money. I would love to become a fund manager. If given the opportunity I would also like to emigrate and obtain citizenship in another country.”
More school news: https://schoolsthatrock.co.za
http://www.durbanvillehs.co.za/
Photo supplied