)

Vriendelike Fanie groet Hoërskool Nelspruit

Maandag 31 Augustus 2020 was die laaste keer wat mnr. Fanie Themba Hoërskool Nelspruit se deure gesluit het. Vir ses-en-dertig jaar was dit maar een van die take wat hy altyd pligsgetrou uitgevoer het.
Die tyd het aangebreek vir hom om af te tree. “Ek gaan nou eers ’n bietjie rus, maar nie vir lank nie. Ek beplan nie om stil te sit nie. Ek gaan iets vind om my mee besig te hou,” sê Fanie.
Fanie het in 1984 by NHS begin werk. Hy was werksaam as ‘n algemene assistent wat vir enigiets reggestaan het. Hy was behulpsaam en altyd vriendelik.
“Ek onthou nie baie van die eerste dag wat ek hier begin werk het nie. Ek onthou net dat hier net ‘n paar geboue was. Ons het saam met mnr. Booyens en die personeel hard gewerk aan verbeteringe op die skoolterrein. Ek onthou dat ons die trappe by die krieketveld gebou het.”
Hy is baie emosioneel as jy hom vra wat hy die meeste gaan mis van NHS. “Ek gaan almal mis. Ek wil graag vir almal dankie sê vir die mooi jare wat ons saam gewerk het.” Om die leerders nie meer te sien nie, gaan beslis vir hom ‘n groot leemte laat.  Hy sê dat die Saterdag-sportgeleenthede een van vele hoogtepunte vir hom by die skool was.
Een van die geleenthede wat hy nooit sal vergeet nie, is die dag wat hy sy troufoto’s voor die seunskoshuis laat neem het. Die pragtige tuine was die agtergrond vir die pasgetroude paartjie.
Sommige personeel onthou Fanie van toe hulle nog in die skoolbanke gesit het.
Me. Theresa de Wet, die skool se ontvangsdame, het vir agt jaar saam met Fanie gewerk. Sy sê Fanie is ‘n man wat ‘n passie vir sy werk gehad het, van water in die ketel gooi vir koffie vir die personeel tot klaskamers oopsluit, gras sny en vele ander take. Hy was altyd net ‘n oproep ver om vele take akkuraat en presies uit te voer. “Dit het altyd vir my gevoel of ons twee in kompetisie was wie eerste by NHS kan wees om die voordeur oop te sluit.”
Afskeidswens aan mnr. Fanie Themba van me. Theresa de Wet:
“Baie dankie vir die jare wat ons twee saam ‘n pad geloop het, Fanie.  Baie dankie vir jou bereidwilligheid om altyd te help, vriendelik te wees en my te respekteer. Ek gaan jou oggendgroet mis, maar ek gun jou die rus.”
Mnr. Johan Hattingh (Skoolhoof) sê hy het baie groot waardering vir Fanie se karakter – eerlike toegewyde werknemer wat ten alle tye die belange van die skool op die hart gedra het.
“Fanie het die konsep van uitnemendheid verstaan en dit is lekker om te getuig dat hy net so trots op die skool is as die res van die personeel. Mooi loop Fanie – mooi loop.”

 

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal