Voortrekkers – Leané Labuschagne is ‘n leerder van Hoërskool Trio in Kroonstad. Sy is in Graad 11 en ‘n lid van die Voortrekkers.
‘n Groot eer het Leané te beurt geval. Sy is verkies om op die Vrystaat se Gebiedsjeugraad te dien. Die doel van die Gebiedsjeugraad is:
- Om die skakel te wees tussen die jeuglede van die betrokke gebied en die gebiedsbestuur.
- Op te tree as die spreekbuis van die gebied se jeuglede .
- Aktiwiteite te beplan en te organiseer in samewerling met die gebiedskomitee Verkennersake.
- Effektief te kommunikeer met die kommandojeugleiers en inligting deur te gee.
- Deel te neem aan besluite wat tot voordeel van die gebied en Voortrekkers is.
Baie geluk Leané.
Trio is baie trots op jou!!
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto voorsien