)

VHS bring “Beauty and the Beast” op die planke

Hoërskool Vryburg het op 31 Julie en 1 Augustus die bekende musiekblyspel “Beauty and the Beast” in die Vryburg Teater opgevoer. Beide aande se sale was uitverkoop met talle mense wat nog op soek was vir kaartjies, en te oordeel aan die positiewe kommentaar op sosiale media, was die produksie ’n groot sukses. Tientalle kleuters het albei aande na die tyd na die verhoog gestroom om foto’s saam met hul geliefde karakters soos Belle (Tarah Höll), Beast (Gerhard Viviers), Gaston (Adriaan Louw) en al die ander karakters te neem.

Almal wat die vertoning bygewoon het, was dit eens dat die toneelspel, danse, dekor asook klank en beligting puik gedoen is en goed kan vergelyk met professionele produksies. Dit ten spyte daarvan dat hierdie eintlik ’n amateur-produksie is deur sowat 100 leerders en die personeel van Hoërskool Vryburg, waarvan die meerderheid geen formele opleiding in dans of drama het nie. Verder is geen leerder, wat graag wou deel wees van “Beauty and the Beast” en bereid was om gereeld te oefen, die deur gewys nie.

Oudisies is reeds in Januarie gehou en sedertdien is daar op gereelde basis, ten minste 10 ure per week of meer, gerepeteer om al die woorde, tonele en danspassies onder die knie te kry. Dit was alles vir die leerders wat deelgeneem het, die moeite werd. Hul beloning is ’n belewenis wat hulle lewenslank saam met hulle sal saamdra – vir ’n paar aande was hulle deel van een van die wêreld se mooiste sprokies!

Kostuums is gehuur by Hollywood Costumes en die klank en beligting is gedoen deur Schoeman Sound.

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal