Hoërskool Upington het Saterdag, 17 September, die 50 boulbeurt dagliga afgeskop teen Hoërskool Duineveld.
Uppies wen die loot en stuur Duineveld in om te kolf. Met goeie boulwerk beperk Uppies vir Duineveld tot 144 lopies.
Die aantal lopies het aanvanklik baie min geklink maar toe Uppies 48 vir 5 paaltjies het, was dit ‘n heel ander wedstryd. Lemley Mulder en Johannes du Plessis het ‘n verbete poging aangewend en die lopie telling tot 70 gedruk voor middagete. Na middagete is albei kort na mekaar uit met baie goeie balle wat hul geklop het.
Bobby Duvenhage en Mason Zacharia betree die kolfblad en met baie konsensieuse kolfwerk tussen die twee, behaal Bobby sy 50-tal en die wenlopies word geslaan.
Uppies wen met 4 paaltjies.
Op die foto bo:
Voor Links na Regs : Bobby Duvenhage, Ian Erasmus, Lemley Mulder, Mason Zacharia, Anrich Horne
Agter links na regs: Jacques Swanepoel(Organiseerder), Henco Kotze, Benre Engelbrecht, Dian Kapp, AW Duvenhage, Giovanni Lategan, Nakkie Duvenhage, Johannes du Plessis.
Become a Sponsor