[et_pb_section admin_label=”section”][et_pb_row admin_label=”row”][et_pb_column type=”4_4″][et_pb_text admin_label=”Text”]

Mnr. Wynand Boshoff is ‘n oud-onderwyser / motiveringspreker / omgewingsaktivis wat as lid van die Sol Plaatjie Munisipale Raad  baie met jong mense werk.  Mnr. Danie Coetzee, lid van die Dawid Kruiper Munisipaliteit, wat vandag ‘n deskundige op die gebied van sonkrag is, het begin as kernfisikus by die Suid-Afrikaanse kernkragindustrie naby Pretoria.  Saam vorm die twee menere ‘n gedugte span en het hul op Woensdag 22 Maart 2017 ‘n baie geslaagde praatjie aangebied vir die graad 12 Fisiese Wetenskap klas van Hoërskool Upington.

Energie is ‘n goue draad deur al die aspekte in die Fisiese Wetenskap sillabus.  Mnr. Boshoff het gepraat van die mens se selfsugtige benadering tot die energieë van die verlede, die hede en die toekoms.  Om steenkool as energiebron amper uit te put voordat ons met ‘n skok besef dat daar nie vir die toekoms gaan wees nie.  Sand en son is volop beskikbaar met ons streek wat van die beste gehalte son ure ter wêreld het.  Silikoon word onder hoë temperature onttrek uit ons gewone rooi sandgrond en word dan gebruik in die foto-elektriese sonpanele, waar die elektrone uit die silikoon beweeg,  met die genoegsame sonenergie, en sodoende ‘n spanningsverskil skep vir die opwek van sonkrag.

Die kinders het dit voorwaar ‘n inspirerende praatjie gevind en hul oë is oopgemaak vir die energie skatkis wat ons het, maar nog baie onderbenut.

[/et_pb_text][/et_pb_column][/et_pb_row][et_pb_row admin_label=”Row”][et_pb_column type=”4_4″][et_pb_image admin_label=”Image” src=”https://www.schoolsthatrock.co.za/wp-content/uploads/2017/03/IMG_5210.jpg” alt=”UPPIES word ingelig oor sonkrag” title_text=”UPPIES word ingelig oor sonkrag” show_in_lightbox=”on” url_new_window=”off” use_overlay=”off” animation=”off” sticky=”off” align=”left” force_fullwidth=”off” always_center_on_mobile=”on” use_border_color=”off” border_color=”#ffffff” border_style=”solid” /][/et_pb_column][/et_pb_row][/et_pb_section]

Become a Sponsor