)

Uppies vs Velties: 0/15 Krieket finaal

Dinsdag, 20 Februarie, het Hoërskool Upington en Hoërskool Duineveld mekaar aangevat in ‘n 25 beurt wedstryd, wat terselfdertyd gedien het as die finaal van die liga. Die spanning was hoog en daar was baie op die spel. Uppies het die loot gewen en kaptein Daylon Beukes het besluit om eerste te kolf. Die seuns het uitstekend gekolf en ‘n totaal van 149 lopies aangeteken in hul toegelate 25 beurte, met slegs 6 paaltjies plat. Daylon Beukes het `n kapteinsbeurt gehad en ‘n vinnige 35 lopies aangeteken. Hy is mooi ondersteun deur Brend Mulder met 22 lopies.

Daarna het Uppies vir Velties ingestuur om te kolf. Die Uppie-span het boul- en veldwerk van uitstaande gehalte gelewer. Na 10 beurte is die hele Duineveldspan uitgeboul vir slegs 34 lopies. Ferdie Richter en Brend Mulder was die uitblinkers met die bal. Ferdie vat 5 paaltjies in 5 beurte en Brend 4 paaltjies in 4 beurte. Geo Engelbrecht het die laaste paaltjie laat kantel met sy eerste aflewering. Dit was sowaar ‘n perfekte vertoning! Uppies wen dan die wedstryd en beklink die liga finaal met 115 lopies.

Baie geluk aan die span asook die Hoërskool Upington. Uppies Rock!!

Name op foto:

Agter van links na regs: Geo Engelbrecht, Murray Louw, Mnr. SD Botes, Mnr. SW Strauss, John-Mark Solomon, Brend Mulder.

Middel links na regs: Rique Slabbert, GT Geldenhuys, Gideon Breedt, Awie van der Westhuizen, Ferdie Richter, Janko Botma, Daylon Beukes, Jaden Fortuin.

Voor links na regs: Beno Friedberg, Shaldon Cloete.

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal