Die afgelope naweek het 7 van Hoƫrskool Upington se leerders aan die WOW Spelfees se distrikskompetisie deelgeneem.
Al die leerders het dit verskriklik baie geniet en ‘n paar nuwe woorde op die koop toe geleer.Ā Slegs die eerste 6 in elke graadgroep kon deurgaan om die distrik in die provinsiale kompetisie te gaan verteenwoordig.
Tiche Nel (graad 8) het eerste in die graad 8 groep geƫindig en gaan dus deur na die provinsiale rondte. So ook Carol-Joy Bezuidenhout wie ook deurgaan in die graad 9 groep na die volgende rondte.
Ons is baie trots op die twee van hul en ook niks minder trots op die ander wat ook deelgeneem het nie. Ā ‘n Groot dankie aan Jana Nel, Reagan Cupido, Bernelee Bezuidenhout en Ayanda Esau dat jul ons skool met soveel trots gaan verteenwoordig het.
Foto heel bo: Tiche Nel en Carol-Joy Bezuidenhout