[et_pb_section admin_label=”section”][et_pb_row admin_label=”row”][et_pb_column type=”4_4″][et_pb_text admin_label=”Text” background_layout=”light” text_orientation=”left” use_border_color=”off” border_color=”#ffffff” border_style=”solid”]

Die jaar 2016 was voorwaar `n goeie jaar vir Hoërskool Upington en die gevolge van harde werk het selfs nou nog in 2017 sy effek.

Aan die begin van die jaar word die skoolhoof van Hoërskool Upington, Mnr. Riaan Kotze, aangewys as die Beste skoolhoof in die Noord-Kaap.

By `n onlangse “Award Ceremony” van die plaaslike department van onderwys, het die onderwysers van Hoërskool Upington gewys dat hul nie een tree hoef terug te staan nie en bykans, die hele personeel, betrokke by Gr. 12`s, toekennings gekry vir prestasie in onderskeie vakke. Dit was só `n eer en voorreg om te sien hoe die onderwysers vereer word vir harde werk en toewyding.

Teen die einde van die prysuitdeling is die gesogde trofee – Beste skool in ZFM –distrik aan Mnr. Kotze oorhandig.

Baie geluk aan elkeen van die kollegas wat `n sertifikaat ontvang het. Soms val die saad op swak voorbereide grond, maar jul harde werk maak dat daar uit die swakste grond dikwels die beste oes kom.

Afrikaans Huistaal: 2de posisie in ZFM – Mev. May; Mev. van Staden; Mev. Koekemoer

Engels Huistaal: 1ste posisie in ZFM – Mev. Swart

English First Additional: 2de posisie in ZFM – Mev. Fouche; Mev. Swart; Mev. Strauss

Lewenswetenskappe: 2de posisie in ZFM – Mev. Teessen en Mev. du Plessis

Fisiese Wetenskappe: 1ste posisie in ZFM – Mev. Kuhn

Verbruikerstudie: 2de posisie in ZFM – Mev. Schutte

Toerisme:  1ste posisie in ZFM en 3de in Noord-Kaap – Mev. Schutte

IGO: 1ste posisie in ZFM en Noord-Kaap – Mnr. Truter

CAT (Rekenaarstudies): 1ste posisie in ZFM – Mev. Kotze en Mnr. Swanepoel

Wiskunde: 2de posisie in ZFM – Mnr. Slabbert en Mev. Gertenbach

Wiskunde Geletterheid: 2de posisie in ZFM – Mev. Giliomee en Mev. Esterhuizen

Rekeningkunde: 2de posisie in ZFM – Mev. Lategan

Bedryfstudies: 1ste posisie in ZFM – Mev. Lategan en Mnr. Kapp

 

Foto 1: Mev.  Struass, Mev. van Staden, Mev. Swart, Mev. May, Mev. Koekemoer en Mev. Fouche

Foto 2: Mev. Teessen, Mnr. Truter, Mnr. Swanepoel, Mev. Kuhn, Mev. du Plessis, Mev. Schutte . Mev. Kotze is afwesig op foto.

Foto 3:  Mnr. Slabbert, Mev. Gertenbach, Mev. Giliomee en Mev. Esterhuizen

Foto4: Mev. Lategan. Mnr Kapp is afwesig op foto

[/et_pb_text][et_pb_gallery admin_label=”Gallery” gallery_ids=”12479,12478,12476,12477″ fullwidth=”off” orientation=”landscape” show_title_and_caption=”off” show_pagination=”on” background_layout=”light” auto=”off” hover_overlay_color=”rgba(255,255,255,0.9)” use_border_color=”off” border_color=”#ffffff” border_style=”solid” /][/et_pb_column][/et_pb_row][/et_pb_section]

Become a Sponsor