Uppies skiet kolskoot
Hotazel skiet: 5-6 Mei 2017.
Uppies is baie trots op hul kolskoot-leerders wat baie goed gevaar tydens die skietkompetisie by Hotazel gedurende 5 en 6 Mei 2017. Elné du Toit het twee goud in die staan en drie-posisie vir O/21 Sportergeweer behaal terwyl Francois du Plessis ook twee goud in die staan en drie-posisie vir O/16 Sportergeweer behaal het. Juan Steenkamp het brons in die 10m staanposisie vir O/16 Sportergeweer behaal en Riaan Loots silwer vir die drie-posisie in O/21 Veergeweer. Tersia van Sittert het brons in die drie-posisie vir o/16 Veergeweer behaal en Quinette van Niekerk behaal silwer vir lugpistoolskiet.
Foto:
Agter: Elné du Toit, Juan Steenkamp, Francois du Plessis, Riaan Loots, Quinette van Niekerk
Voor: Tersia van Sittert
Become a Sponsor