Ná die tragiese heengaan van Bernito du Plessis, gr. 10 leerder aan Hoërskool Upington vroeër vanjaar, het sy ouers met `n pragtige gebaar sy nagedagtenis by Hoërskool Upington verewig.
Sy ouers het `n trofee geskenk wat elke jaar aan die beste o/16 rugbyspeler geskenk moet word. Hierdie jaar het die trofee gegaan aan Eric Swanepoel. Eric was `n klasmaat van Bernito en ook `n baie waardige wenner van die trofee.
Eric was stomgeslaan nadat hy die trofee Maandagoggend tydens die Saalbyeenkoms ontvang het.
Wat `n pragtige manier om `n klasmaat se nagedagtenis te vereer.