Toanita Strauss, Jessi Wessels en Inge Wessels het die pas afgelope naweek aan die Misty Meadows Saalperd Skou in Pretoria gaan deelneem.  Dit was ‘n sterk Noord Gautengse Skou en hulle 3 het beslis Uppies se naam hoog gehou daar tussen die Pretorianers.

Die uitslae was as volg:

Toanita Stauss en haar perd Another Time

  • 3 Gang Plesierperd Ruiters 14 jaar en onder  – Oop – 1e plek
  • 3 Gang Ruiters 14 jaar en onder Ruiterkuns – 2e plek

Jessi Wessels en Marle Hoft se perd Fever Pitch

  • 3 Gang Kinderyperd Ruiters 14 jaar en onder – 2e plek
  • 3Gang Ruiters 14 jaar en onder Ruiterkuns – 3e plek

Inge Wessels en haar perd Peter the Wolf

  • 5 Gang Kinderryperd Ruiters 18 jaar en onder – 2e plek
  • 5 Gang natuurlike maanhaar en stert Ruiter 18 jaar en onder – 1e plek
  • Kampioen 5 Gang Kinderryperd – Inge is die reserwe(2e) Kinderkampioen Vyfgang op die Skou
  • Inge behaal die 3e meeste punte deur ‘n kind op die Skou.

Toanita Strauss en Jessi Wessels het ook aan die 3 Gang Toetsklas vir Noord Kaap Ruiters deelgeneem. Die senuwees het geknaag, maar beide van hulle het hul toetse voltooi en kan tevrede wees met hul debuut in hierdie uiters mededingende klas. Hierdie uitslae is ongelukkig  nog nie ontvang nie.

Op die Fotos:

  • FOTO HEEL BO:  Inge en haar pa met haar rosset en “sash” wat sy ontvang  het as die Kinderryperd  Vyfgang reserwe kampioen.

JESSI WESSELS UPPIES PERDRY

  • FOTO BO:  Jessi saam met hulle afrigter Martin Pienaar van die Dream Acres Equestrian Centre in Bloemfontein, Jana Coetsee van Hopetown en Nadine Bester van Affies. Almal van hulle ry vir Dream Acres.

TOA EN NADINE BESTER AFFIES

  • FOTO BO:  Toa saam met Nadine Bester van Affies.

 

 

Become a Sponsor