Die jaarlikse provinsiale netbaluitspele het plaasgevind op 24 Junie teen die beste 2 spanne in elke Distrik. Daar is meegding teen spanne soos Diamantveld, Noord-Kaap, HMO, Kathu en Kalahari om net `n paar te noem.
Aan die einde van die uitspele het ons 0/14A span 3de, die 0/16A span 2de en die 0/17A span 2de in die provinsie ge-eindig. Dit is sowaar `n groot prestasie waarop Uppies Netbal baie trots is om al 3 ons A-spanne in die Top 3 in die Provinsie te hê.
Met daardie uitslae gaan neem die 0/16A en 0/17A spanne ook deel aan die SA Top Schools toernooi in Boksburg teen die beste skole regoor die land, wat plaasvind vanaf 4-6 Augustus. Verseker `n prestasie om op trots te wees.
Baie sterkte aan daardie 2 spanne en baie dankie aan elke ouer wat elke kind en afrigter ondersteun.
Onder 17A (FOTO HEEL BO)
Links agter: Lara-Mari Geldenhuys, Aneché Everson, Lorraine Groenewald, Liza-Mari Groenewald(k), Chané Avenant, Liche Prinsloo en Chané Luttig.
Links van voor: Anja van Niekerk, Navern Olivier (o/k)
Onder 16A (FOTO BO)
Links agter: Gillian du Plessis, Dirette Oberholster, Elsanne Pool (Afrigter), Nicolene Loots, Melonice Kordom en Cleo Minnaar.
Links voor: Ayanda Esau, Jo-Nel Neser en Anika Husselman