Na afloop van die onderskeie proewe is Cleo Minnaar van Hoërskool Upington gekies vir die 0/16 Diamante span wat die Noord-Kaap verteenwoordig het by die SA toernooi in Durban gedurende die Junie vakansie. Tydens hierdie toernooi is daar n Top 35 gekies uit ongeveer 240 dogters wat deelgeneem het uit die verskeie provinsies. Hoërskool Upington en die Noord-Kaap was in die bevoorregte posisie dat een van ons netbaldogters, Cleo Minnaar, vir hierdie groep gekies is. Dit is n besonderse prestasie. Ons is baie trots op haar.

Become a Sponsor