Die volgende leerders van Hoërskool Upington het vanaf 24 – 27 Janurie 2018 deelgeneem aan die Noordkaap tennisproewe in Kimberley. Die leerders het as volg geëindig op die ranglys in hul onderskeie ouderdomsgroepe:
Dogters 0/14: Janneke Engels (8)
Dogters 0/15: Jana Nel (7) en Liané Kapp (9)
Seuns 0/15: Geo Engelbrecht (9) en Stefan Joubert (14)
Dogters 0/16: Janice Avenant (4)
Seuns 0/19: Benré Engelbrecht (3)
Benré is ook opgeneem in die span wat later vanjaar aan die Interprovinsiale toernooi vir 0/19’s gaan deelneem.
Baie geluk aan ons tennispelers en sterkte vir die jaar se provinsiale toernooie.
Foto: L na R – Jana Nel, Geo Engelbrecht, Janice Avenant, Benré Engelbrecht, Liané Kapp, Stefan Joubert en Janneke Engels
Become a Sponsor









