Uppies netbal het vanaf 3-5 April aan die Affies Elite Netbaltoernooi deelgeneem. Daar is meegeding teen gedugte spanne soos Affies, Garsfontein, Pietersburg, Nelspruit, Cronwill Hill, Jeugland, Noordheuwel en Witteberg om net n paar te noem. Die spanne het uitstekende netbal gespeel en baie goeie resultate opgelewer. Die 0/14A span speel 8 wedstryde, wen 5, verloor 3 en eindig 4de uit 16 spanne. Die 0/15A span speel 8 wedstryde, wen 7, verloor 1 en eindig 2de uit 16 spanne, die 0/19A span speel 8 wedstryde, wen 5 verloor 3 en eindig 6de uit 14 spanne.
Aan die einde van die toernooi word Di-Mari Visser aangewys as die beste senterbaan speler in die 0/15 groep. Baie geluk. Ons is baie trots op jou.
Uppies netbal is baie opgewonde oor die 2017 seisoen wat voorlê.
Di- Mari Visser
Hoof foto:
Agter L: Dirette Oberholster, Christine Esterhuizen (afrigter), Lorraine Groenewald, Nicolene Loots
Voor L: Liza-Mari Groenewaald, Alicé Maritz, Chané Avenant, Navern Olivier, Lara-Mari Geldenhuys
Become a Sponsor