)

Uppies-leerder presteer by SA Saalperd Nasionale Kampioenskappe

Narike Hoft van Hoërskool Upington, het in die 14 jaar en onder 3 Gang Ryperd klas ‘n agtse plek behaal en in die 14 jaar en onder 3 Gang Ruiterkuns klas, ‘n vierde plek. Al die ruiters in die land ry teen mekaar in hul ouderdomsgroepe en daarom is ‘n plasing op Bloem, ‘n geweldige prestasie en beloning op harde werk.

Jessi Wessels `n graad 11 leerder het deelgeneem aan die gesogte Kampioen van Kampioene Ruiterkuns Kompetisie vir beide die 3 Gang en 5 Gang.

Die reën in Bloemfontein het groot spanning veroorsaak tydens die uitdunrondtes vir hierdie kompetisies en daarom moes die formaat aangepas word ten einde vir die reën voorsiening te maak. Nadat Jessi en die ander ruiters almal die slegte weer trotseer het, het sy deurgedring na die finale 8 vir beide die 3Gang en 5Gang in hierdie kompetisies.

Op Saterdag 27 April, na die finale Klasse, word sy 5de geplaas in beide die 3 Gang en 5 Gang, voorwaar geen geringe prestasie nie.

Jessi het ook deelgeneem aan die 3 Gang Ryperd Ruiterkuns Klas 16 jaar en onder en behaal hier ‘n 4de plek.

Jessi en haar perde word afgerig deur Martin L Pienaar van die Dream Acres Equestrian Centre in Bloemfontein.

Op Maandag, 22 April, tydens ‘n dinee op die skou, ontvang Jessi ook haar Junior Protea 5 Gang kleure, voorwaar ‘n trotse oomblik.

Jessi gaan in New Orleans deelneem aan ‘n kompetisie vanaf 26 Junie tot 6 Julie.

 

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal