Narike Hoft van HoĆ«rskool Upington, het in die 14 jaar en onder 3 Gang Ryperd klas ān agtse plek behaal en in die 14 jaar en onder 3 Gang Ruiterkuns klas, ān vierde plek. Al die ruiters in die land ry teen mekaar in hul ouderdomsgroepe en daarom is ān plasing op Bloem, ān geweldige prestasie en beloning op harde werk.
Jessi Wessels `n graad 11 leerder het deelgeneem aan die gesogte Kampioen van Kampioene Ruiterkuns Kompetisie vir beide die 3 Gang en 5 Gang.
Die reƫn in Bloemfontein het groot spanning veroorsaak tydens die uitdunrondtes vir hierdie kompetisies en daarom moes die formaat aangepas word ten einde vir die reƫn voorsiening te maak. Nadat Jessi en die ander ruiters almal die slegte weer trotseer het, het sy deurgedring na die finale 8 vir beide die 3Gang en 5Gang in hierdie kompetisies.
Op Saterdag 27 April, na die finale Klasse, word sy 5de geplaas in beide die 3 Gang en 5 Gang, voorwaar geen geringe prestasie nie.
Jessi het ook deelgeneem aan die 3 Gang Ryperd Ruiterkuns Klas 16 jaar en onder en behaal hier ān 4de plek.
Jessi en haar perde word afgerig deur Martin L Pienaar van die Dream Acres Equestrian Centre in Bloemfontein.
Op Maandag, 22 April, tydens ān dinee op die skou, ontvang Jessi ook haar Junior Protea 5 Gang kleure, voorwaar ān trotse oomblik.
Jessi gaan in New Orleans deelneem aan ān kompetisie vanaf 26 Junie tot 6 Julie.