[et_pb_section admin_label=”section”][et_pb_row admin_label=”row”][et_pb_column type=”4_4″][et_pb_image admin_label=”Image” src=”http://northerncape.schoolsthatrock.co.za/wp-content/uploads/2017/08/Onder-15-New.jpg” alt=”UPPIES KRIEKETFEES ‘N GROOT SUKSES” title_text=”UPPIES KRIEKETFEES ‘N GROOT SUKSES” show_in_lightbox=”on” url_new_window=”off” use_overlay=”off” animation=”off” sticky=”off” align=”left” force_fullwidth=”off” always_center_on_mobile=”on” use_border_color=”off” border_color=”#ffffff” border_style=”solid”] [/et_pb_image][et_pb_text admin_label=”Text”]
Hoërskool Upington het hierdie jaar hulle 7de Uppies Krieketfees aangebied vir 0/15 en 0/19 seuns op 25 en 26 Augustus 2016.
Tydens die Uppies krieketfees was daar 14 spanne wat aan die vriendskaplike wedstryde deelgeneem het. Die spanne het op 7 krieketvelde gespeel in die dorp.
Elke span het 3 wedstryde gespeel tydens die fees; 25 boulbeurt wedstryde wat deur die dag plaasgevind het en een 8 boulbeurt aandwedstryd waarna al die seuns altyd uitsien omdat om onder lig krieket in die aand te kan speel `n belewenis is; en op die laaste dag n 50 boulbeurt wedstryd. Die spelers het dit baie geniet en gewys waartoe hulle in staat is.
Dit was `n groot sukses en almal het dit gate uit geniet. Die vure het hoog gebrand en saam met dit het goeie vriendskappe tussen die ouers, vriende en afrigters gegroei.
Vrydag middag het Uppies onder 15 teen ‘n Griekwas uitnodigingspan van Kimberley te staan gekom in ‘n 25 beurt wedstryd. Uppies het eerste gekolf en ‘n totaal van 122 lopies behaal vir die verlies van 9 paaltjies. Beste kolwers was Brend Mulder met 29 lopies en Miguel Meintjies met 26 lopies. Daarna kolf die Griekwas span en Uppies boul hul uit vir slegs 62 lopies. Beste bouler was Miguel Meintjies met 4 paaltjies vir 20 lopies in 5 beurte. Uppies wen dus die wedstryd met 60 lopies.
Vrydag aand het Uppies teen Duineveld te staan gekom in ‘n 8 beurt wedstryd onder die ligte. Duineveld het eerste gekolf en behaal ‘n totaal van 98 lopies. Daarna gaan kolf Uppies en kry slegs 79 lopies in hul toegelate 8 beurte en verloor dus die wedstryd met 19 lopies.
Saterdag oggend het Uppies vir Diamantveld gepak in ‘n 50 beurt wedstryd. Uppies het eerste gekolf en behaal 115 lopies. Beste kolwer was Daylon Beukes met 24 lopies. Daarna kolf Diamantveld en behaal die teiken wat vir hul gestel is, met 4 paaltjies in hand. Uppies verloor dus dan met 4 paaltjies. Beste boulers was Keeanu Babu met 3 paaltjies en Miguel Meintjies met 2 paaltjies.
UPPIES se 1ste krieketspan het ook die afgelope naweek aan die Uppies krieketfees deelgeneem. Vrydagmiddag het Uppies vir Jim Fouche gepak. Uppies het as oorwinnaars uit die stryd getree deur goeie kolfwerk van Bobby Duvenhage.
Vrydag aand het Uppies en Duineveld mekaar die stryd aangesê onder ligte. Uppies het eerste gekolf en 99 lopies in hul toegelate 8 beurte angeteken. Duineveld het daarna gaan kolf en kon nie die teiken wat vir hul gestel was behaal nie, alles te danke aan goeie boulwerk deur die Uppie boulers.
Saterdag oggend het Uppies die Griekwas uitnodigingspan aangevat en vroeg oggend met hulle afgereken.
Om op te som, was die `n uiters suksesvolle naweek vir Uppies se eerste krieketspan.
Uppies het dit baie waardeer om die hoërskole hier te kon hê en te kan help met die groei van krieket hier in ons platteland.
Hoërskool Upington bedank Bernard Engelbrecht van URB, Marius Steenkamp van Kalagadi Signs, Ocean Basket en Panarotti`s en alle ondersteuners wat die dag `n reuse sukses gemaak het. Baie dankie vir julle betrokkenheid by Hoërskool Upington en dan spesifiek ook by krieket. Dit word opreg waardeer.
Foto:
Onder 15
Agter Links na Regs: Grannon Brand, Geo Engelbrecht, Brend Mulder, Mnr. SD Botes, Ferdi Richter, Daylon Beukes, Theuns Theunissen, Miguel Meintjies
Voor Links na Regs: Danielle Tyers, Gideon Breedt, Keeanu Babu, Jaylon Fortuin, Awie van der Westhuizen
1st span
Agter Links na Regs: Nakkie Duvenhage, Michael Wessels, Giovanni Lategan, Lee-Charm van Wyk, Mnr. Bernard Engelbrecht (MTN), Hurter Kirsten, Bobby Duvenhage, Lemley Mulder, Dian Kapp, Hein Neser
Voor Links na Regs: JP van Riel, Steven Smith
[/et_pb_text][/et_pb_column][/et_pb_row][/et_pb_section]