)

Uppies hou Kultuuraand vir droogtehulp!

In ʼn familie word alles gedeel: alle vreugde, pret en plesier, maar ook die seer en swaarkry.

In die Uppie-familie het Mev Madelein May en die ATKV jeugtak besef dat die droogte nie net ʼn probleem is vir ander mense wat ons nie ken nie, maar in ons eie “huis” is daar gesinne en huise en koshuise wat swaarkry a.g.v die droogte. En wat doen ons as ons familie swaarkry…? Ons spring in en help!

Op 15 Oktober hou hulle toe ʼn kultuuraand! Kultuur en talent is volop in Uppieland en almal was dit eens dat die aand ʼn groot sukses was. Die aand se verrigtinge het ʼn 3-gang ete ingesluit wat deur die Verbruikersklas van Uppies voorberei is o.l.v Me Jeanie Schutte. Die spyskaart van Kalahari-sushi, bobotie met dadelgevulde rys en meringue-nessie met karamel en vrugte was ʼn wenner.

Wat wil jy meer hê?  ʼn Heerlike aand gevul met talent, kos en 1 gemeenskaplike doel: om geld in te samel om ander te help.

Baie, baie dankie aan alle rolspelers. Ons kan jul verseker die geld gaan op die regte plekke aangewend word. Ons sluit ook af deur te sê: God sal die reën stuur- miskien op Sy tyd, maar verligting kom.

Om as Kultuurdiere wil nie net van ons goed en geld gee nie, maar wil ander fisies help en ons is dankbaar dat die uppiefamilie ons die platform gee om dit te doen.

Become a Sponsor

Related Posts

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge. Hoërskool Kalahari, Kuruman is ongelooflik trots op SJ Everts en Eoghan van Wyk, wat die afgelope naweek by die Teemane Karateklub se Winter Challenge in Christiana…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal