)

Uppies hokkie maak Hoërskool Upington TROTS!!

Dit was tyd vir die stryd van Groot Interjol en soos altyd was Uppies se hokkiespanne gretig en gereed vir die stryd.
Die dag het op ‘n bittersoet noot begin, waartydens die o/18B dogters ongelukkig 2-0 verloor het, maar die o/16B span met ‘n oorwinning weggestap het met ‘n telling van 1-0.

Net kort op hul hakke speel die o/16A dogters ‘n uitmuntende wedstryd met die oorweldige ondersteuning van die 1ste Seuns. Hul teken vinnig die eerste doel aan en wen ook dan die wedstryd met ‘n telling van 1-0. Die o/18B seuns het daarna geveg in ‘n gelyke stryd en kon ongelukkig nie die gelyke veld breek nie en eindig die wedstryd met ‘n 0 elk gelykop telling.

Daarna was dit tyd vir die trots van Uppies Hokkie, die 1ste seuns en dogters. Die dogters was eerste aan die beurt, maar moes ongelukkig die knie buig teenoor Velties en verloor die wedstryd 3-0. Die dogters het nogsteeds met trotse harte van die veld afgestap en die wedstryd in goeie sportmangees voltooi.

Laaste, maar definitief nie die minste, was die 1ste Seuns wedstryd. Soos oudergewoonte het Uppies se seuns met vasberadenheid, trots en dissipline op die veld gestap. Die wedstryd het as ‘n allemintige stryd afgeloop, waar Uppies se aanslae op die doelhok elke keer net net verby of deur die doelwagter afgeweer was.

Kort, net na rustyd, breek die damwal en die eerste doel word aangeteken. Uppies wen ook die wedstryd met ‘n telling van 1-0.

Uppies hokkie het waarlik ons skool trots gemaak deur diebeker huis toe te bring, 3 uit die 6 wedstryde te wen en 1 gelykop te speel.

Elke speler het die waardes van die skool ten toon gestel en met passie gespeel soos net Uppies kan.

Soos die Uppies hokkieleuse lui….”UPPIES HOCKEY, WHAT ELSE?”

Foto bo: Agter vlnr: Carla vd Merwe, Marne Visser, Boitumelo Malo, Mpho Geya, Lebogang Moselelane, Jane Booysen, Coach Marli v Wyk, Le-Virne Mouers, Jade Esterhuizen, Nadine Malgas.
Voor vlnr: Duwayneth Bosman, Kayleen Hendricks, Jenna Hendricks

Foto links: Agter vlnr: Jaden Beukes, Zoey Blunden, Haylee du Plessis, Samantha v Loggenberg, Anela Botshobana, Juf Lizene Symington, Franciska Clarke, Lisa-Marie Hayes, Marihan Brewis, Erin Selbourne, Caitlin Wyngaard.
Voor vlnr: Celeste Buys, CJ Basson, Uriana Booysen
Afwesig: Joane vd Heever, Merize Bruwer

 

 

Foto links: agter vlnr: Narike Hoft, Jade Swanepoel, Chaneyka Kulsen, Carrie-Lee Sanderson, Juf Yolandi Botes, Inge Smith, Elizabeth v Niekerk, Nancy v Niekerk, Monja Vorster, Alitze vd Merwe.
Middel vlnr: Caitlin Koert, Jana Nel, Simone Lonte, Nelmare Lubbe
Voor: Karla de Beer

 

 

Foto links: agter vlnr: Reagan Cupido, Francois Jeppe, Awie vd westhuizen, Jay-F vd Heever, Angelo Ferrus, SP Janse v Rensburg, Louis Schonborn, Kyle Britz, Joshua Hendricks
Middel vlnr: Enrique Ortell, Ryan Isaacs, Coach Adriaan Marais, Steven Smith, Rian Mostert
Voor: Jaco Koeglenberg

 

 

Foto links: agter vlnr: Mnr Chris Wessels, Anneri vd Merwe, Erna Theunissen, Christine Richter, Inge Wessels, Teliza Zaayman, Jolene Goussard, Lize v Niekerk, Ela Arnon, Coach Erica Wessels
Middel vlnr: Yulin Steenkamp, Toa Strauss, Almari Bruwer, Lisa Slabbert, Gabbi Nell
Voor: Zani du Plessis

 

 

Foto links: agter vlnr: Henru Ekkerd, Hein Neser, Gerhard Janse v Vuuren, Mnr SD Botes, Theuns Theunissen, Anver Ferrus, Juan Swanepoel, Ruan le Roux, Monwabisi Phillips, Enrique Ortell
Voor vlnr: Cyrikus Cloete, Ethan Morris, Paulo de Gois, Hendri de Beer, Cobus Fourie, Joshua Coghlan, Francois Jeppe

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal